Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 11 September 2001 " deur VINCENT OLIPHANT
" 11 September 2001 " deur VINCENT OLIPHANT [boodskap #84011] Sun, 14 September 2003 23:07
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vincent Oliphant
11 september 2001

hoe het ek kon weet
dit sou die laaste wees
daar was in my binneste geen kreet
geen kode
waardeur ek 'n voorbode kon lees nie
ek het net die kind onder my hart voel ruk
toe jy oor my buk
en my hand sag teen jou lippe druk

toe is jy weg
soos elke ander dag
met 'n oogknip en 'n lag
en 'n hand vol boud

nou sit ek koud
hier voor die skerm
en sien hoe die dood in lem

my hart
sê vol van jou
middeldeur

weer en weer en weer

'n Gedig vir Jenna Jacobs, wat nege maande swanger was toe haar man in die
Twin Towers gesterf het. Haar baba is 'n paar dae later, op 17 September,
gebore.
Vorige onderwerp: " Voor-beelde " deur JOHANN JOHL
Volgende onderwerp: " mabotsa " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 17 23:28:02 UTC 2025